Saturday 13 September 2014

Grassie Grassie Groen


“Bettie, is jy seker?” vra sy my uitdagend “Ja,Ma, gee vir ons die stuff, man”  antwoord Liesel voor ek my woorde bymekaar kon skraap, maar vir wie probeer ek bluf.’n Paar skywe en ons is “Legend” , uiteindelik deel van ‘n groep.”Stoner or the not” Vrydag was die laaste dag wat ek as ‘n Loner gesien was.”Ja Riets” se ek uiteindelik “Waarom vat jy so lank?Hierdie voeltjie wil vlieg en vannaand nog!”.Liesel en die res van die groepie skater van die lag terwyl Elrieta vir my die bong aangee.”Sprei jou vlerke Bettie, ek dare jou”.Teen die tyd ruik die hele vertrek al na dagga.Die reuk kleef aan my lyf vas en dring deur my neusgate, amper soos ‘n parasiet dink ek by myself maar, die musiek is oordonderend en die countdown het al lankal begin “5, 4, 3, 2, 1!”

‘n Halfuur later en ek voel nogsteeds niks nie.”Elrieta, wat gaan aan?Ek voel dan nog normaal” Elrieta le met haar kop agteroor terwyl sy die rook by haar mond uitblaas.”Gee kans, Bettie,Rome wasn’t built in a day you know!” ”Great”, dink ek by myself.Almal is alreeds op sewende hemel en hier sit ek nog met altwee my voete plat op die aarde.”C’est la vie” mompel ek en besluit toe om vir Liesel op te spoor.Oral le mense plek plek en rook.’n Paar het by Elrieta se ouers se slaapkamer ingesluip terwyl die res besig was om die huis af te breek.”Hendrik Swannepoel, as jy maar net weet waar jou dogtertjie haar vannaand bevind” dink ek en bars uit van die lag.

Skielik kan ek nie op hou nie.My maeg begin kramp soos ek lag en ek val net daar op die vloer neer.Toe ek op kyk, sien ek iemand voor my staan.’n Meisie dink ek.Ek vee die trane uit my oe.Ek lag nie meer nie...”Wie is jy?” vra ek haar maar sy glimlag net en sit haar vinger op haar lip.Dansend draai sy om en giggle by die gang af...Ek voel naar! ”Waar is Liesel?” vra ek haar maar sy luister nie.
Ek probeer myself van die grond af kry, maar my bene voel soos jelly en my arms wil nie werk nie.Die musiek drom al hoe harder teen my slape vas.Ek probeer weer.Voetjie vir voetjie steier ek buitentoe en leun oor die balkon.”Uiteidelik” dink ek by myself met my oe styf toe geknyp.Die koue naglig stuur ‘n rilling by my rug af en ek maak my oe oop.Onder op die grond le daar iets.Ek knip my oe ‘n paar keur om seker te maak.”Liesel?” Fluister ek angstig maar haar fyn geknakte lyfie le lomp op die teer uitgestrek..”Vannaand is ons voeltjies, Bettie” hoor ek haar woorde van vroeer saggies eggo.



No comments:

Post a Comment